Wednesday, May 28, 2008

Oasis Hospitaal Tragedie

Oasis Hospitaal het laasjaar deur `n reeks veranderinge gegaan en het onder andere `n sertifikasie ontvang en is nou geakrediteer by “Joint Commision International”

Nou wat beteken dit? Volgens my beteken dit langer wagtye en swakker diens. Ek en my gesin loop al `n paadjie saam met Oasis Hospitaal, van 2004 af en een van my laities is daar gebore. Dit is egter jammer om te sien dat die diens agteruit gaan en om te sit en wag vir 2 ure om iemand te sien wat homself `n dokter noem, is nie ongewoon nie.

Ek het verskei klagtes al gele, een was by die CEO homself, maar niks rerig het daarvan gekom nie en dis asof nie corporate culture in Oasis alles oorheers en selfs die CEO het gese wagtye van 2 uur op `n slag is “nie te sleg nie”

Die ander ding wat my bekommer is die kwaliteit van die dokters by Oasis. Een van my laities was daar so paar maande terug met `n ontsteking in een van sy bene, die diens was uiters swak, hy is omtrent 2 uur die middag opgeneem, en die been is eers 5 uur die volgende more skoongemaak, snaaks genoeg een van die eerste dinge wat die dokter se toe hy ontslaan word is dat ons sy been 3 keer `n dag moet skoonmaak!!!!

Hy was weer eergister daar, die keer met vratjies, na 2 ure se gewag se die “dokter” hy kan niks doen nie, hy is nie `n velspesialis nie, en ons moet hom Dubai toe vat. Eers kon hy ook nie vir ons `n verwysing gee na een toe nie. Baie swak diens. O ja, en dit het hom omtrent 20 min gevat om al die inligting in die rekenaar in te pons????

Waar is die dae toe ons sommer gou na die dokter toe gery het, hy het sy brandyster gegryp en jou vratjies afgebrand, sommer daar in die spreekkamer, as jy te bang daarvoor was, het jou `n salfie gegee wat jy by die huis kon aansmeer, en siedaar, vratjies weg.

Vandag lyk dit my kan hulle nie veel doen nie, daar word `n reeks toetste gedoen wat meeste van die tyd totaal onnodig is, dit kos `n plaas se prys en die dan as die uitslae kom dan kyk die dokter eers op in `n boek waste medisyne moet jy kry????

Dit is jammer en betreurenswaardig dat die diens by Oasis Hospitaal so swak is, en ek is jammer om te se, ek dink nie hulle gaan ons gou weer sien nie.

2 comments:

Anonymous said...

Hi Pietie

Ons deel jou frustrasie! Alhoewel ons dol is oor die mense van Oasis (hulle harte is in die regte plek!) het die lang wagtyd ons onder gekry. Ons gaan nou Emirates International Hospital toe -- wagtyd is op die meeste 'n 1/2 uur, diens in flink en vinnig ... en hulle brand vratjies af! Sterkte!

Pietie said...

Dankie, ons is ook mal oor die mense daar en dink dat buiten hulle hospitaal "funksie" doen hulle wonderlike werk, maar die wagtyd is te lank en die diens net te swak.

Ons gaan defnitief bietjie vir EIH `n kans gee.

Groete