Ons gebruik so baie frases in Afrikaans wat miskien oorgeneem is uit ander tale, of uniek op ons landsbodem gevorm is, sonder om dit ooit regtig te analiseer of mooi daaroor te dink. Dit word so deel van ons dat ons gesprekke uitmekaar val daarsonder. Ek wil graag ‘n paar van die frases uitsonder:
In elk geval…Hoe gebruik ‘n mens dit? Wat is die letterlike betekenis? In elke geval? NEE. Hoe verduidelik jy dit aan ‘n vreemdeling wat nie die Engelse weergawe daarvan verstaan nie? Ek daag almal uit om met ‘n goeie verduideliking vorendag te kom. Dan is daar nog “in geval” en “ingeval”. Soms weet ek nie hoe leer jy ‘n vreemdeling Afrikaans ?
Nog ‘n pragtige een is (my gunsteling) ja-nee. “Ja-nee jong, jy’s is sowaar reg.” “Ja-nee, ek stem saam”…(Yes-no,,,so belaglik in Engels!!!)
Die lieflingwoordjie “ag” is my derde woord. “Ag tog. Ag nee. Ag asseblief. Ag wat…” Selfs my Amerikaanse en Arabiese vriende begin al “Ag” gebruik as ons praat.
Dit maak ons taal so spesiaal!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment