Wednesday, May 21, 2008

My Pop se Happy birthday

Yup, dis weer daai tyd van die jaar waneer ek moet gaan shop vir `n verjaarsdag geskenk vir my Pop. Die eerste verjaaarsdag wat ek en sy saam was, was toe sy 19 geword het, nou, amper 20 verjaardae later sukkel ek nogsteeds om iets te koop vir haar, hoekom is dit so moeilik vir ons mans?

Ek dink partykeer dit is sommer net omdat mans nie rerig mense is wat shop nie, as ek dink aan my winkel gewoontes sluit dit nie “shop” in nie, wat ek bedoel is wanneer ek winkel toe gaan, is dit om iets te koop wat ek soek, nie te soek sodat ek iets kan koop nie!!!!!

Nou met `n verjaarsdaggeskenk moet ek onwillikeurig iets gaan soek om te koop en nie koop wat ek soek nie!!!! Koop jy iets wat jy graag wil he jou pop moet he, of koop jy iets wat sy graag wil he? Wat is die verskil? Poppe wil graag bederf word op hulle verjaarsdae, sy wil graag spesiaal voel, want kom ons wees maar eerlik, die hele jaar staan hulle reg vir almal behalwe hulle self, hulle kyk na die kinders en na die mans, koop die nodige en meeste van die kere skeep hulle hulle self af, hulle sal eerder iets vir die huis of kinders koop as vir hulle self. Dis hoekom ons mans hulle “happy birthday” meer spesiaal moet maak, hulle spesiale dag, `n dag waneer hulle voel hulle bietjie bederf moet word en op die hande gedra word, want glo my, as jy dink jou pop se verjaarsdag is nie belangrik nie maak jy `n groot fout, en voor jy jou oe uitvee is daar nog 20 kanse verby, 20 kanse waar jy haar spesiaal kon laat voel het.

OK, so wat is die opsies, as ek nou moet se dan sou ek se `n vrou sal hou van jewelry, lekker parfuum, mooi klere, en miskien `n eksotiese vakansie iewers en defnitief uiteet, sy hou van uiteet op haar verjaarsdag, lekker gesellig met `n bottle wyn en kersies wat brand en Ge Korsten in die agtergrond wat Liefling sing.

Regte jewelry in die land is bietjie pricy, moet nie hier `n fout maak nie, as jy jewelry koop maak seker jy koop die ware jakob, diamonds are a girls best friend, maar nie my bankbestuurder s’n nie. So wat is daar oor, `n eksoties vakansie iewers by die see waar mens lekker sonder klere kan rodloop en sommer weer soos `n tiener voel, nou dit klink goed, maar wat doen ons met die laaities, wie gaan na hulle kyk? Nou is dit net uiteet, mooi klere en parfuum oor, uiteet gaan ons defnitief, want ek hou van `n lekker steak as sy pasta eet, ek hou ook daarvan as sy lekker ruik, so ja, parfuum defnitief, en dan mooi klere. By mooi klere steek ek so bietjie vas, ek wil ook iets uit die deal kry, so in my boekies is mooi klere mooi ONDERKLERE, vir obvious reasons…………..

Nou ja daar het jy dit, lekker parfuum, mooi onderklere en `n steak is op die kaarte vir my Pop se verjaardag, en dan natuurlik sommer baie sms’e wat se ek het haar lief en verlang na haar ens, met `n mooi bos blomme wat by haar werk afgelaai word. Hulle laaik dit, want dan voel hulle eers spesiaal.

Ons mans leer nog, selfs na 20 verjaardae, maar ons moet bly traai, en as jy haar spesiaal laat voel op haat happy birthday, dan sal daai onderklere wat jy so lank gevat het om uit te soek, defnitief dividente wys…..glo my………

No comments: