Wednesday, May 7, 2008

Die Lysie In Die Emmer

Die Lysie in die Emmer.

Gistraand, terwyl ek en my pop so lekker in mekaar se arms lê, kyk ons `n fliek van Morgan Freeman en Jack Nicholson, The Bucket List, in die fliek speel die twee kanker pasiente wat elk nog net ses maande oor het om te leef, hulle besluit toe om `n lysie te maak van al die goed wat hulle nog wil doen voordat hulle laaste oomblike aanbreek, en noem dit toe, “the bucket list” things to do before they kick the bucket.

Baie mense reg oor die wereld is in dieslefde situasie, baie mense, die meerdeheid, is nie, Freeman gee so bietjie statistieke en 96 % van mense se hulle wil eerder nie weet wanneer hulle laaste dag gaan wees nie, miskien beter so want aan die een kant hoop ons normale mense dat die dag nog ver is en dat ons nog baie tyd het om dinge te doen, maar wat is dit presies wat ons wil doen met ons tyd? Wat gaan op jou lysie wees? Partykeer dink ek ons is lewendig, maar leef nie rerig nie, ons hardloop rond en “doen” baie dinge, maar eintlik DOEN ons nie veel nie, ons is in `n roetine van werk toe, huis toe, winkels toe, eet slaap en rus, maar wat doen ons eintlik? Wat gaan op jou lysie wees?

Ons almal sê “ek wil nog altyd dit of dat doen” maar hoekom doen ons dit nie? Is dit geld wat ons kort, of is dit maar sommer net `n “pipedream” wat nooit gaan waar word nie?

Persoonlik is daar nog baie wereldse dinge wat ek wil doen, net soos met Freeman en Nicholson in die fliek, Jack in die fliek was `n ryk biljoener en het al die wereldse dinge op hulle lysie gefinansier, hulle het gaan skydive, in `n jet rodngevlieg en is op `n safari Afrika toe. Maar op die lysie was daar ook dinge wat geld nie kon koop nie, een van die dinge was om iets “majestic” te sien, `n ander om die mooiste meisie in die wereld te soen, en nog een was om so lekker te lag dat jy sommer begin huil. Nou hoe op aarde doen of sien mens dit, jy kan nie daarvoor betaal nie, en al sou jy kon dan sal jy seker teleurgestel wees in die mense wat gaan probeer om dit aan jou te verskaf. Om `n lang storie kort te maak, die moosite meise was Jack se kleindogter, hy en sy dogter was vir jare vervreem van mekaar en het toe opgemaak, die majestic ding was `n sonsondergang terwyl hulle op die piramides gesit het, en die grappie wat hulle so lekker oor gelag het, het spontaan gekom toe die twee vriende oor Jack se koffie gewoontes gepraat het.

Nou wat gaan ons doen met ons tyd? Ek dink as ek moet weet dan sal ek my laaste dae met my familie en vriende wil deurbring, sommer iewers in `n boskamp in Afrika, daar kan mens al die wonderlike dinge sien en doen en sommer elke dag saam met Forrest Gump se “Andy” loop. Andy, vir julle wat nie weet nie is Forrst Gump se naam vir God en Jesus, “Andy walks with me, Andy talks with me, Andy tells me I am his own!!!” Wat `n wonderlike vooreg sal dit nie wees nie!!!

Toe die fliek klaar is het ek en my pop choclates geeet en coke gedrink en sommer net NOG nader aan mekaar in die bed gelê en mekaar styf vasgehou terwyl ons gebid het.

Mens hoor dit baie, jy moet leef asof dit jou laaste dag is, ons moet begin oefen, want eendag gaan dit ons laaste wees!!!

No comments: