Thursday, May 8, 2008

Die Lexus en die Sirkel

Toe ons net hier gekom het en jy praat met mense, ander as Suid Afrikaners, oor a “circle” en “a robot” dan staar hulle jou aan asof jy of gek is of uit `n vreemde alien land uit kom, wel, eintlik is altwee so half en half waar, veral die een. Wel die sirkels, of te wel “roundabouts” het gou `n bron van frustrasie geword, self vrees vir sekere mense want om eerlik te wees, die roundabouts is amper soos `n kleuterskool partytjie waar al die kinders kyk wie kan eerste by die rooi koeldrank uitkom, by die roundabouts is dit maar dieslefde, en almal bestuur asof hulle te veel rooi koeldrank in het.

Ek het begin om mense, of te wel karre, met bestuurgewoontes te assosieer. Dit is asof mense vir `n kursus gaan as hulle hulle karre koop, byvoorbeeld, as jy `n ou shape Lexus koop kan jy nie net sommer inklim en ry nie, hulle vat jou op `n geheime bestuurskursus iewers in die woestyn waar hulle jou leer om soos iemand te bestuur wat e veel rooi koeldrank in het, jy word geleer om so na as moontlik aan die kar voor jou te ry terwyl jy jou ligte flits, terselfde tyd moet jy met jou foon kan praat, hare kam en sigaret of pyp opsteek, dit klink moeilik maar vir die meeste Lexus bestuurders is dit tweede natuur. Hulle leer jou ook natuurlik om in die heel regterkantse baan in `n sirkel in te jaag sodat jy net net die kar wat van links kom mis, dan sny jy oor die aankomende verkeer tot in die heel linkerkants baan waar jy dan skielik rem trap vir geen rede en dan weer vinnig uit die sirkel jag aan die ander kant.

Daar is verskeie ander karre wat soos ek hulle noem “Lexus wanna bees” is, hulle bestuursvernuf is nog nie van so aard dat hulle `n Lexus kan koop nie, hulle oefen nog, en dit is die ouens wat Toyota Corrolas, Camry’s en die nuwe shape Honda Civics ry, jy kan maar kyk, hulle is almal half van hulle….nee heeltmal van hulle trollie af.

Gelukkig was ek nog nie in `n ongeluk betrokke nie maar my pop was al 2 keer, die eerste keer was sy net swanger met ons jongste laaitie, dit was nie haar skuld nie maar die pote het gese dit was en ons moes toe nog `n fine ook betaal. Die tweede keer was dit om `n roundabout, en ja jy het reg geraai, dit was `n Lexus, met te veel roo koeldrank…..

Wat kan ons doen? Jy ken die ou spreekwoord, “as jy hulle nie kan wen nie, join hulle” maar daarvoor sien ek nie kans nie!!! Jy vang my nie eers getrek in `n Lexus nie, veral nie een wat nog die ou shape is nie…..

Wees wakker waneer julle in `n sirkel ry, tint maar jou vensters sodat hulle nie kan sien as jy vir hull die “birdie” wys nie, stel jou GMC se agsterste kamera dat hy heeltyd aan is, nie net as jy in reverse ry nie, en maak seker jy is kalm soos `n poep walm anders gaan jy dalk ook jou kar se spaarwiel by die mosque se deur optel………..

1 comment:

Anonymous said...

sabutchery.blogspot.com is very informative. The article is very professionally written. I enjoy reading sabutchery.blogspot.com every day.
calgary payday loan
canadian payday loans