Tuesday, June 3, 2008

Oor die fenomeen wat "Facebook" genoem word.

(Vra verskoning vir al die Engelse woorde..."anglisismes" as dit nog bestaan?)

Toe, erken dit. Jy is 'n Facebook fan (addict?). Net gou gou kyk wie het my "gepoke" of vir my cybersoene gestuur. Op my muur soos 'n wafferse stout kind van ouds "gegraffiti". Miskien het ek 'n stoute geskenk gekry of kan ek sien wie se verhoudingstatus het binne die laaste 48 uur verander het. O ja! Hier is die jong mannetjie van 18 alweer wie vir my se hy gee nie om dat ek 42 jaar oud is nie...want ek lyk nog so "goed" en hy hou van "ervare" vrouens. Kom ons pos 'n "hang-out" of gee drukkies...geskenkies...steel harte...Of nog beter...nou kan jy my menstroeteldier word. Ek kan jou selfs koop en verkoop en elke dag (amper angstig) of met 'n gevoel van meerderwaardigheid kyk hoeveel geld my fotos in die silikoonveiling verdien.
Amper vergeet ek van my "vriende". Sjoe...kyk net...ek het meer as 300 "vriende". Mense van naby en ver. Almal ken my so goed. Hulle weet waarvan ek hou...kos...flieks...my vriendekring...my naweekvermaak. Hulle sien my fotos. Kry 'n blik op my lewe. Weet watter boeke ek lees, wanneer ek voor die rekenaar sit, watter produkte ek koop, waar het ek geswot, wat my sterreteken is...hoe groot my brein is...
Ek kan my "gewilde" vriende op 'n fotomuur uitstal. Nogals in orde van populariteit. Ek kan almal so goed leer ken...hulle hoef net my quizzes ook te doen en uit die 10 moontlike items te kies. (Ja ek weet, baie keer stem ek nie met een van die goed saam nie, maar dan moet ek dit tog kies om van die ding ontslae te raak).
O ja, en dan die notifications. En hoe ek gereeld 20 mense uitnooi om iets so intiems met my te doen (ja ja...dit is die silikoonwereld. Ons weet almal 'n soen/druk/orgasme...dit is tog nie "real" nie).
Hoe kan ek nie praat van die "Flirts" en die "Are you interested" applications nie. Tog so lekker om jou email inbox gevul te sien met al die mense wie in jou belangstel. So 'n ego boost!
Die lekkerste ding van als is dat jy nie jouself hoef te wees nie. Dink net 'n bietjie. Jy kan enige foto neem van die internet en jou eie "persona" skep. 'n Sexy vrou...die ouderdom...die lyf...die talente...die ervarings...die selfvertroue...als wat jy nog ooit wou wees. "Create the Cyberwoman of your dreams..."
Wat van daardie mense wat uit daar is om ander se gevoelens te manipuleer...
Ek is nie hier op 'n sarkastiese "crusade" teen Facebook nie. Dit is lekker om ou vriende raak te loop. Maar hier is vir julle 'n eksperiment ok. Deaktiveer jou Facebook vir 'n dag of twee...en sien wat word van al die "vriende". Kyk na 'n dag of twee wie kontak jou nog. Of as jy 'n naby vriendin het, kyk 'n bietjie hoeveel van dieselfde mense spin vir jou dieselfde stories. Nogals insiggewend om die minste te se.

So, my gevoelens is nie dat ons FB moet verban en in proteste in die straat afloop sonder ons bras nie (genade tog...dankie daarvoor), maar dat ons nie toelaat dat dit ons lewens oorneem nie. Ek sien dit orals rondom my. Het self begin in die lokval van addiction begin land. Maar dit is moontlik om weg te breek. Want dink net daaroor...hierdie is 'n wereld wat binne 4 mure bestaan. As jy dit reg gebruik is dit 'n lekker manier om met kennisse en vriende kontak te maak en nuwe mense te ontmoet. Maar moenie toelaat dat dit jou lewe...jou denke...jou werk oorneem nie. Moenie jou kinders afskeep terwyl jy uur na uur wag vir 'n vals boodskap in 'n vals wereld waar mense nie werklik die warmte van 'n mensvel ervaar nie. Wat het van 'n lekker ou gewone telefoonoproep geword? Toe, tel nou die foon op en bel iemand "real" en se "ek is lief vir jou" of "ek mis jou". Doen 'n bietjie moeite. Kom nou. Staan op van daai rekenaarstoel en loop by die deur uit en word 'n mens met 'n handjievol maar betekenisvolle vriende.

No comments: