Monday, April 28, 2008

Ek treur oor Afrika
Ek sien jy skryf oor Afrika
Met haar pragtige ryk bruin grond
Berge wat so ver strek
Jou Magaliesberg

Ek sien jy skryf oor Afrika
Haar diep oranje sonsondergange
En groen Natalse heuwels
Koorsboomwoude
Skoenlapperprag

Ek sien jy skryf oor Afrika
Jou Afrika.
Vir my is daar nou net warm, seermaak-in-die-wind woestynsand.
Sonder jou is Afrika vir my verlore.

Afrika weduwee onder die swart Arabiese sluier.
Afrika weeskind sonder haar aardsmoeder.
Afrika vlugteling sonder haar heimat.
Afrika enkeling sonder haar sielsgenoot.

No comments: