Wednesday, April 30, 2008

Jy en jou brein




Hallo almal


Ek het gedink om 'n paar interessante goed oor jou brein (en die van jou kinders) ens. gereeld te plaas. As julle vrae het, laat net weet dan kyk ek wat ek kan doen.

Vandag 'n paar interessante feite oor hoekom jou kinders (en jy) dalk sukkel om te slaap en dalk baie onrustig is en nie so lekker slaap nie.

(Ek gaan dit sommer in gewone Afrikaans doen...laat die groot akademiese woorde vir die rerige slimkoppe...)


Feite:
* Vir jou brein om die dieper, belangrike fases van slaap te bereik (REM = Rapid Eye Movement) moet 'n byproduk genaamd Melatonin deur die brein afgeskei word. Nou hier is die interessante deel...dit geskied eers sowat 2 ure nadat die brein nie meer aan lig blootgestel is nie. (Doen gou 'n toets...maak jou oe toe - ja, daar in die lig - kan jy nog steeds die lig "voel"? Nou sit jou hande oor jou oe - voel jy die verskil? Wel, dit is hoe brilliant jou brein is. Nou wat is die implikasies hiervan?

* Die lig van 'n tv skerm, en nog erger 'n rekenaar skerm (want jy sit soveel nader aan die lig) affekteer melatonin produksie. As jy die rekenaar gebruik tot net voor jy moet slaap, gaan jy sukkel om aan die slaap te raak, of nie die diep slaapfase bereik wat jou brein nodig het om sekere "snoeiwerk" en "vaslewerk" te doen nie.

* Kinders moet vir ten minste twee ure voor slaaptyd ophou tv kyk en beslis nie die rekenaar gebruik nie.

* Probeer om vensters so dig moontlik toe te maak teen lig wat van buite af kom.

* As jou kind sukkel om te slaap sonder 'n bedliggie, maak seker dat dit 'n sagte lig is en skakel dit af sodra hulle slaap.

* 'n Middagslapie is nie regtig baie voordelig nie, maar as dit moet, slaap in so 'n donker moontlike plek.
Het jy geweet:
- Tieners het meer slaap nodig as jonger kinders en hulle melatonin produksie hou eers op
rondom 8 uur in die oggend. Dit is hoekom ons so sukkel om hulle uit die bed te kry.
- Kinders wat nie voldoende slaap nie, is dikwels hiperaktief en boots deur hulle gedrag
simptome na van kinders wat sukkel met ADHD...
- Kinders wat genoeg slaap presteer gemiddeld 10% beter op skool.
- Slaaptekort lei tot agressie en 'n onvermoe om emosies te hanteer.
- 40% van jong kinders het 'n slaapprobleem!!!
- Kalsium help om jou beter te laat slaap (dus is 'n glas warm melk voor bedtyd nie 'n slegte
idee nie.


Maak dit vir julle sin?

Help dit?

Hoop so.

Pedicure, manicure en goeters!!!!


Hi Julle


Hierdie is aangestuur deur Marissa, sy doen pedicures, manicures ens. in Al Ain. Van wat ons verneem is sy baie goed en haar pryse is billik, probeer haar gerus!!!



Manicure ............................................................. 50 AED

Pedicure ............................................................... 60AED

Eyelash tint ........................................................ 20 AED

Eyebrow tint ....................................................... 15AED

Eyebrow shape..................................................... 10 AED

All in one Eye........................................................ 40AED

Facial ..................................................................... 70AED


For appointments call: Marissa
050 593 9180

Tuesday, April 29, 2008

Nataniel en kleredrag wenke

(Dankie aan Petro en Manie wat dit aangestuur het)

Etiket deur Nataniel.
Wenke aan die dames: Daar is niks so mooi soos ´n kant boudeflossie wat net so effens uitsteek nie- by die regte lyf, maar met die klem op "net so effens", en die regte lyf... Ek kry trane in my oe as ek van agter vir 'n vrou loer en dit lyk of haar boude besig is om haar g-string op te eet. Dit het net gewerk vir Bill Clinton, toe Monica dit gedoen het. En kyk wat is die gevolge.
As jy ´n rolletjie (of twee of drie...) het, moet asseblief nie´n boob-tube met ´n oop magie dra nie, ook nie 'n kort top by 'n hipster nie!
Die spek-wors / rolletjie suurdeeg wat oor ´n belt borrel is verkeerd in enige boek, en bederf die aptyt.
Alhoewel jy baie trots voel daarop, wil ons asb. nie jou nuwe naeltjie ring sien nie, vernaam nie as jy die rolletjie eers moet oopvou terwyl jy met die ander hand 'n metaalverklikker gebruik om die dingetjie te probeer opspoor nie.
Onthou tog asb. om in die spieel te kyk voordat jy uit die huis gaan in die oggend, dit mag dalk vir jou lyk asof die mensdom jou bates wat oral uitpeul bewonder, maar wees verseker dat hulle jou in skok en afgryse aanstaar, -al waaroor hul jou bewonder is jou moed om so in die publiek te verskyn. Dit wys ook dadelik jy is very very lonely en available, want as jy iemand gehad het wat omgee, was jy onder huis-arres geplaas tot jy van gewaad verwissel het.

Wees asb. versigtig wanneer 'n broek gemaak uit die nuwe rek materiaal gedra word - vernaam in wit/beige - dit le beslis klem op alle bewegende dele asook haelduike/skade - die term "twee varkies in 'n nat streepsak" is hier goed van toepassing. Die toppunt is om 'n swart g-string daarby te dra, wat die 2 varkies elkeen in sy eie hok probeer hou.
Nog 'n groot "no-no" is spykerhakke by 'n sweetpakbroek. Die wat net daarna kyk begin al te sweet.
Werksdrag: Mans Wit sokkies word NOOIT by werksklere gedra nie, net pedofiele doen dit. Jou sokkies se kleur moet by jou broek se kleur pas, donkerblou of donkergrys sokkies pas nie by ´n swart broek en swart skoene nie.
Van skoene gepraat; jy dra nie skoene met sole van meer as 1cm by ´n "pak" broek nie. Onthou, hoe hoer jy staan hoe harder val jy.
En as die skoen enige gekroomde metaal aanhet, dra jy dit glad nie (behalwe as jy navorsing oor magneetvelde doen).
´n Das by ´n kortmouhemp lyk moer kommin en das wat te kort is, lyk nog erger- veral as jy 'n pens het, vat dit die koek.
Effekleurige dashemde met wit krae is dood, brand of begrawe dit. Moet nooit ´n geel das dra nie, dit lyk of ´n heks op jou gekots het. Moet ook nooit ´n das met Disney-karakters dra nie, as jy ernstig opgeneem wil word, moet jy soos "CNN" lyk, nie soos "Cartoon Network" nie. Colour-code beteken NIE dat jou Disney-karakter kouse en das bymekaar moet pas nie!!!!
Informeel: 'n Swart belt of skoene word nie by blou jeans gedra nie. ´n Belt buckle wat groter is as jou kop word slegs gedra as jy op vakansie is in Texas of Vereeniging.
Jy dra nie ´n afmou hemp in die publiek nie, die chix spek jou wel meer, maar dis uit afgryse, jy fire nie hulle jets nie!
PT-broeke met die ¨slits¨ aan die kante lyk, en is, ongemaklik, moenie dit dra behalwe as jy ander gay mense opgewonde wil maak, of 'n skelm poep wil laat ontsnap nie.
Die hele doel van ´n pet, is om die son uit jou oe te hou, nie uit jou ore of agterkop nie, dra die afdakkie na voor en as jy onder dak inloop, haal dit af.
Jou broek se bokant moet op jou heupbene sit, nie onder jou gat of onder jou arms nie. Niemand stel belang hoe jou boxer lyk of watse snaakse vorme jou "genitalie " onder druk aanneem nie.
Bykomstighede: ´n Sonbril hoort op jou oe , in sy sakkie, of in jou hand, nie op jou kop, om jou nek, of voor aan jou kraag nie! En haal tog jou sonbril af as jy met iemand praat, behalwe as jy nou net iets gesteel het.
Sonbrille hoort glad nie naby jou in die aand nie. Die woord "Sonbril" verklaar alles - dis slegs nodig in die dag wanneer die son skyn vir die mense wie se oe sensitief is vir lig
Mans/dames - 'n bril op jou kop in die aand is kommin! Dames(en vir die mans wat daarna hunker...) Daar is die mooiste haargoedjies op die winkelrakke beskikbaar om daai kuif uit die oe te hou.
´n Selfoon moet nie aan jou belt gedra word nie, dis ´n Nokia, nie ´n Beretta nie. 'n Belt is gemaak om jou broek bo te hou, nie vir jou selfoon, knipmes, Leatherman, toolbox, Beretta, Beretta se laserscope, Beretta se ekstra patrone, botteltjie haarolie, kondome, ens nie.
Jou kam hoort in die badkamer, nie in jou kous nie, maakie saak wat jou pa destyds gese het nie! En haarolie is iets wat deur die Nazi's uitgedink is om vroue reg oor die wereld te pynig, hulle noem dit massamarteling.
Sterkte...

Brief aan Mnr Mbeki (Uit die Rapport)

Hier's 'n oulike stukkie uit Rapport. Hoop julle geniet dit. Hierdie vrou het die wonderlikste sin vir humor.>

Beste Mnr Mbeki

Verskoon my verwaandheid. Maar ek gaan vandag met die deur in die huis val. Wel, dis wat die diewe Saterdagaand met my agterdeur gedoen het. Of u my brief gaan lees, weet ek nie. Moontlik is u iewers in 'n verre land, besig om buitelandse beleggers te oortuig dat SA nes Kanaan van ouds, die land van melk en heuning is. Min weet hulle dat die melk so suur is, jy kan joghurt daarmee maak.
En die heuning, wel, dit gebruik ons om gawe mense soos Robert Mugabe se mond mee blink te smeer. Of dalk, meneer die president, is u iewers by 'n mediese kongres. Besig om 'n aangrypende toespraak te lewer oor 'n sakie wat u tog so na aan die hart le. Die vigsprobleem, u weet, daardie siekte wat 'n mens kry as jy nie agter jou ore was nie.

Mnr Mbeki, ek is nie 'n bitterbek nie. Ek is nie emosioneel nie. Ek ly nie aan post-traumatiese stres nie. Ek is net wat 'n mens sal noem ordentlik en indringend de donner in. Na 'n rustige naweek keer ek terug na my tuiste in Yeoville. My ou huisie wat reeds 3 jaar in die mark is. Maar niemand wil dit koop nie. Want: (a) hulle wil nie in 'n voorstad van Lagos woon nie, (b) hulle wil dit so na aan verniet moontlik hê, (c) die banke weier om 'n verband te gee (of vra 'n belaglike deposito). Die hek staan oop. Die hond is weg. My hart sit in my keel. Voor in die tuin> lê my tennisraket. Toe weet ek. Statistieke het my ingehaal.

Ek is nie verknog aan 'n TV-stel, of 'n CD-speler, of 'n rekenaar, of 'n M-Net-dekodeerder, of 'n videomasjien, of 'n ketel, of 'n verwarmer, of 'n haardroer, of 'n selfoon, of 'n kamera, of tasse, of 'n strykyster, of klere, of beddegoed, of handdoeke, of skoene, of juwele, of parfuum, of 200 CD's, of enigiets waarop die bliksems nog hul hande kon lê nie. Die gevriesde vegetariese worsies inkluis.... En (sonder enige versekering) sal dit 'n wyle duur voordat ek weer enige van bogenoemde kan vervang. Maar, dink ek, terwyl ek my bene onder my invou en op my knieë neersak tussen die gemors wat oor die vloere gestrooi lê - dat hulle my Energade gedrink het, dis nou my dinges se deksel.

'n Vriend vertel my van 'n prostituut wat by hom gekla het dat een van haar klante haar besteel het. "Maar weet jy, Francois," sê sy hoogs verontwaardig, "die geld is nie so erg nie. Maar die vark het al my Tab uitgedrink."

En dis hoe ek nou voel. Verontwaardig. Ontnugter. Teleurgesteld. Moedeloos. Soos derduisende ander mense. Wit en swart. Wat al moes deurloop. En die hemel weet, soveel het reeds met hul lewe daarvoor betaal. Mnr Mbeki, ek wil nie u probleme myne maak nie. Ai, hoe glip my pen nou. Ek is ook nie iemand wat erg aan betogings of enige verrigtinge van demonstratiewe aard nie. Dus huil ek maar op u denkbeeldige skouer. Elke enkele laai is uitgepluk. Die inhoud sorgvuldig deurgesoek vir enigiets waardevols. Pille, hoesstroop, sjampoe... is soos confetti rondgestrooi. Net die stof het hulle gelos.

In Essex het diewe onlangs in 'n huis op 'n sak poeier afgekom, gemerk Charlie. Dog toe hulle val met hulle neuse in die botter. En "snuif" tog te > lekker aan die wit dwelm. Min wetend dat dit die stoflike oorskot van die huiseienaar se hond was. Gelukkig kan niemand jou sin vir humor steel nie. Oral lê daar gebruikte kerse. En op my bed, 'n kombuismes. Ingeval iemand onverwags instap of wakker word?

Volgende dag bel ek die polisie se noodnommer. "Ek is besteel!", verduidelik ek. " Kan jy my dalk help?" "Met wat?", vra sy. Ek is nie seker wat om te antwoord nie. My kennis van > misdaadtaal is beperk. Miskien moet ek sê: "Met kaartjies vir die >kriekettoets." Maar ek tel tot tien en begin van voor.

Dalk moet ek my laat herdoop. In Birmingham , Engeland het 'n Mej Nutting onlangs met mnr Toulouse getrou. Sy heet nou: Mevrou Nutting-Toulouse. Eintlik mnr Mbeki, wil ek net my verligting teenoor u uitspreek. Want: hulle kon my vermoor het, vermink het, verkrag het. Maar deur die genade is ek net beroof. Paraguay is die agtste mees korrupste land ter wereld. 'n Ruk terug is die hoof van die teenkorrupsie-eenheid in hegtenis geneem. En aangekla op negentien aanklagte van korrupsie. Maar ek is 'n burger van SA, 'n pragtige demokratiese land waar eerbaarheid aan die orde van die dag is. Waar diewe moet rekenskap gee van hul dade. Vra maar vir Hansie en dr Boesak.

Ek groet u in 'n gees van patriotisme.

NS. My beste wense aan mevrou. En as sy dalk 'n ekstra paar nr 7-tekkies het, stuur gerus aan. Twee linkervoete sal ook doen. Die diewe het vir my twee regtervoete gelos.

Grootoog kind

Grootoog kind
posted by elmwes on April 29th, 2008
Grootoog liefiekind
Vol verwonderingvat jy my hand…
staar jy met jou swart-bruin oe
na die snaakse blonde vreemdeling.

Liewe Heer, hoe geseend
om hier in Arabiereland
die lewens van hul liefling kinders
(so gewoond aan dorre droee sand)
te vul met kleur, beweging, lag en leer
sonder dat ek indoktrineer.

Wat ‘n heerlike ervaring
om ‘n kind se drome te ontsluit…
Om vlerke te gee
wat grense om mense
uit die weg uit kan vee.

So gee my jou hand
liefiekind
met jou groot swart-bruin oe.
Kom ons stap aan met hoop
(Dis iets wat geen oliegeld
vir jou kan koop).

Monday, April 28, 2008

Ek treur oor Afrika
Ek sien jy skryf oor Afrika
Met haar pragtige ryk bruin grond
Berge wat so ver strek
Jou Magaliesberg

Ek sien jy skryf oor Afrika
Haar diep oranje sonsondergange
En groen Natalse heuwels
Koorsboomwoude
Skoenlapperprag

Ek sien jy skryf oor Afrika
Jou Afrika.
Vir my is daar nou net warm, seermaak-in-die-wind woestynsand.
Sonder jou is Afrika vir my verlore.

Afrika weduwee onder die swart Arabiese sluier.
Afrika weeskind sonder haar aardsmoeder.
Afrika vlugteling sonder haar heimat.
Afrika enkeling sonder haar sielsgenoot.
Vandag lees ek in 'n tydskrif by my werk se hoofkantoor in Abu Dhabi oor Suid-Afrika. En my hart krimp ineen terwyl ek na die wonderskone Drakensberge kyk. En wynlande in die roesbruin oranje van die herfsmaande getooi. En Tafelberg met sy hoed op. O ja, moenie vergeet van die kleureprag van die Karoo as sy liefde maak met die son en al die duisende toeriste wat van ver af reis om hulle siele te hernu met die wonderlike sig wat soveel hoop in ons aanwakker. Hoop dat die dorre bruinheid wat ook so dikwels binne ons le, omtower kan word in al die reenboogkleure! Daar was ook 'n artikel in die tydskrif oor Suid-Afrikaners in die buiteland wat terug geroep word, terug gelok word met allerhande aanloklike veldtogte. "Come back to Mother Africa"...en hier diep binne my roer iets wat ek nie wil erken of aandag gee nie. Ek het mos besluit...het die hoeveld vir oulaas totsiensgewuif ses jaar gelede!

Wel, so op die pad huis toe (ja, want na ses jaar is dit op 'n manier my huis)tussen Abu Dhabi en Al Ain (die oasedorp waar ek bly) het ek baie tyd gehad om oor die saak te dink. Die Suid-Afrikaanse diaspora. Mense wat orals oor die wereld heen probeer om vir hulle 'n nuwe plekkie uit te grawe...met die Suid-Afrikaanse vlag wat orals tussen hulle goed pronk (so op die kar se agterstewe...die SA rugbytrui...die vlaggies op die gesigte met 'n rugbywedstryd...die Afrikaanse musiek in die karre...)En onvermydelik, soos verlore familielede vind ons mekaar hier in die vreemde. Miskien is dit iets in die bloed? Maar hel, ons lag oor mekaar se grappe want ons VERSTAAN dit. Se nou vir 'n Australier of 'n Amerikaner "YEBO GOGGO" ...of 'n absolute treffer vir my is "ja-nee". Die mees sinnelose, betekenisvolle uitdrukking ooit! En wys my 'n Suid-Afrikaner wat nie graag Mrs Balls se chutney wil koop of Cross&Blackwell mayonnaise...o ja en die liewe ou spitbraai...biltong...boerewors... Hoe snaaks, dinge wat ek nooit in SA sou doen of geniet nie vul my nou met sulke heimwee. Soos pap en sous - man, ek het dit nooit geeet nie. Nou is dit 'n ongelooflike spesiale dis! Of wat van 'n bietjie boeremusiek en langarm dans...bokjol...En dan, ag hoe lekker om 'n paar van ons beledigings so in Afrikaans met 'n glimlag op die gesig aan iemand toe te snou...(maar ek laat dit aan julle verbeelding oor).

Wat stop my? Hoekom pak ek nie sommer vandag my goedjies in en gaan terug nie? Wel, hier is 'n voorbeeld - EK KAN NIE - want ek wag al sedert 31 Januarie 2007 vir my seun se nuwe paspoort wat iewers, saam met talle ander wagtendes, in die diplomatieke sak tussen SA en hier WEG GERAAK HET. Maar nee, ek wil nie galbraak nie. Ek wil net lekker stories skryf oor my lewe hier.

Ek kom agter ek "VERARABIER" hier. Hoe kom ek agter? Hier is 'n paar punte:
* Ek het tissues orals - in die kar, op die kombuistafel, in die sitkamer...ag tog...ek gee oor.
* Ek vind ek begin ook die vreeslike gerieflike verskoning om geen deadline na te kom nie gebruik. Die wonderlike woorde "Inshallah" ...want jy is nie die meester van jou eie lewe nie.
* Bestuur...wel, if jou can't beat them...het dit vandag weer agtergekom toe ek besef ek begin nou net so padvarkerig en vinnig bestuur...veral om die roundabouts. Of as jy kyk en sien jy ry 220 km/uur op die snelweg...
* Ek sit my stukkende meubels buite op die straat langs die asblik...tv's, sitkamerstelle, matte, ou boekrakke...en ek onthou hoe geskok ek aanvanklik was toe ek dit sien!
Maar ek bly lekker. Vandag was dit 'n heerlike 40 Grade Celsius...begin van somer...maar die aande is lieflik...en ek kan dit waag om 12 uur in die nag buite rond te loop...sonder drie Rotweilers om my te beskerm. En ek kan 'n blikkie Coke vir R2 gaan koop. En dan pak hulle dit in plastieksakke (gratis) en dra dit na my kar en verwag nie eens 'n tip nie. En geen motorwagte nie. Geen karton-om-die-nek manne of verdroogte verbruinde vroue by die robot nie!

Tog, hier aan die einde van die dag, terwyl ek na Koos Kombuis se Lisa se Klavier luister, breek my hart weer in stukke. Ek mis die groen van Natal. Ek mis die Pilanesberg. Ek mis my mense. Ek mis Jebo Goggo. Ek mis my ma en my pa en Loftus en die Spar se lekker brood. Ek mis die Dros en die Spur en Steers burgers met die lekker chips. Ek mis die vrouens wat kliphard vir mekaar skree oor die winkel heen...Eish...ek mis dit so.

Wednesday, April 23, 2008

Waar was jy in 1978?
















Wie van julle kan dit onthou?










Fotos is aangestuur deur Tielman de Villiers van Bloemfontein.










Tuesday, April 22, 2008

Grapkas

Grapkas

Die twee maatjies sit en drink by die kroeg tot laataand, die een het `n vreeslike boggel en die ander een hakkel verskriklik.

Die ou met die boggel vat nog `n laaste soop vir so bietjie krag want hy moet deur die begraafplaas huistoe loop, toe hy so by die derde graf kom spring daar skielik `n spook uit en die spook sê vir hom…….

“Jy het een wens, wat wil jy he? Maak net gou ek is haastig”

“Kan jy asb. my boggel wegvat” vra die ou?

Tjoeks…weg is die ou se boggel. Hy hardloop terug kroeg toe en sê vir sy maatjie om ook die spook te gaan sien, dalk kan hy ophou hakkel…..so gesê so gedaan.

Toe die ou wat hakkel by die derde graf kom spring die spook uit en sê….

“Jy het een wens, wat wil jy he? Maak net gou, ek is haastig”

Die ou wat hakkel se “k…..k…ka…..kan…….”

Die spook sê “Jy mors my tyd…..hier is vir jou `n boggel”

Mighty Men Conference































Hier is fotos van laas naweek se saamtrek op Angus Buchan se plaas, Shalom, in Greytown.

Fotos is aangestuur deur Vernon Viviers van Pretoria.

Monday, April 21, 2008

Angus Buchan

Hier is `n artikel wat in die Rapport verskyn het oor die maane saamtrek in Greytown.

60 000 mans ruk op

Apr 19 2008 08:10:47:967PM
Gerhard de Bruin & Marthinus van Vuuren

Dit het begin met 240 mans. Verlede jaar was daar 7 000. Dié naweek het 60 000 mans na die dorpie Greytown opgeruk om te luister na die prediking van ’n aartappelboer.
Greytown

Dit het begin met 240 mans.

Verlede jaar was daar 7 000.

Dié naweek het 60 000 mans na die dorpie Greytown opgeruk om te luister na die prediking van ’n aartappelboer.

En amper soos met die aartappeloes gebeur het in Faith like Potatoes, dié boer, Angus Buchan se lewensverhaal, het die opkoms by die Mighty Men-konferensie (MMC) op sy plaas, Shalom, alle verwagtinge oortref.

Teen Vrydag het die motors meer as 22 km tougestaan in die grootste verkeersknoop tot nog toe in dié stil KwaZulu-Natalse dorpie. Party mans het meer as ses uur gery aan die 80 km van Pietermaritzburg na die plaas.

Selfoontorings was oorlaai vanweë die sowat 35 000 van hulle wat hul tente op Buchan se plase opgeslaan het.

Die konferensiegangers was van regoor die land en so ver as Namibië, Zambië, Zimbabwe en Botswana. Sowat 130 mans het spesiaal uit Australië gekom.
In ’n stadium was daar kommer oor die dorp se brandstof- en kosvoorraad. In ’n SMS-ketting is gevra dat mense bid dat die verkeersknoop uitgestryk word.
Maar teen gistermiddag het die mans in hul massas die grootste tent ter wêreld volgepak om te luister hoe Buchan preek.
En in die dorp het die voorraad gehou.

“Dit is soos die verhaal van Jesus wat die vis en die brood uitgedeel het, met niks wat opraak nie,” het mnr. Bryan Pool van die Greytown-apteek gesê.

Elke kampeerder het R100 betaal om die boere, wat spesiaal vir die geleentheid grasperke op hul landerye geplant het, te vergoed.

Buchan se Shalom Ministries en ondernemings op die dorp het gratis kos aan die konferensie-gangers verskaf. Buchan het 25 osse laat slag en tot ’n bredie van agt ton verwerk. Daar was 17 500 brode en 70 000 worsrolletjies.

Buchan se boodskap is een van hoop. Hy het konferensiegangers aangemoedig om moed te hou en in Suid-Afrika te bly.
“As almal in die land maar net so goed kan klaarkom soos swart en wit hier doen, sal ons land dit beslis maak.
“Die uitkoms is nie om te trek nie. Ek is gebore hier in Afrika. Hier sal ek doodgaan,” het hy gepreek.

Gebed en geloof hou die sleutel tot die land se toekoms, het hy gesê.
Mans, het Buchan gesê, moet weer die hoof van hul huise word. En hulle moet hul vroue met respek behandel.

Mnr. Scott Brown, wat saam met twee vriende van Bulawayo gereis het vir die konferensie, sê hulle het lank brandstof opgegaar om die tog te kon meemaak.
“Ons moes net hier wees. Dinge in ons land gaan só sleg op die oomblik. Ons glo daar is net een manier om dit weer reg te kry: om hier saam met nog derduisende ander Christenmans vir hoop te kom bid.”

Mnr. Piet Strydom het op sy motorfiets van Kaapstad af gery. “Kyk net al die mense. Dit is ’n teken dat mense swartgallig is. Hulle is moedeloos oor misdaad en die politieke onsekerheid. Hier kan hulle die lig sien. Wat hier gebeur, is ’n wonderwerk.”

Thursday, April 17, 2008

Bok Innie Woestyn

Hier is `n artiklel wat Monique geskryf het vir `n Suid Afrikaanse koerant oor Bok van Blerk se optrede in Al Ain.

BOK VAN BLERK LAAT WAAI IN DIE WOESTYN OASIS

Monique Holtzhausen

'n Skare van bykans twee duisend Suid-Afrikaners wat tans woonagtig is in die Verenigde Arabiese Emirate, het die afgelope naweek ongewone koue en stormsterkte winde getrotseer om Bok van Blerk se konsert by te woon wat by die Al Ain Rugby Klub, (ongeveer 'n uur en 'n half buite Dubai) gehou is.

Ten spyte van 'n daglange stofstorm wat karre en huise omvou het in 'n snoesige laag rooi woestynsand, het mense van heinde en verre gery om onder hulle komberse en springbok truie te wag vir die vertoning om te begin. Gelukkig was daar genoeg tradisionele gunstelinge soos melktert, boerewors rolle, Kerrie en rys met Mrs. Balls blatjang en selfs 'n Kasteeltjie of twee om lafenis te verskaf in dié sandland waar die tuisgemaakte Suid-Afrikaanse lekkernye 'n luukse is.

Bok van Blerk en sy orkes het nie teleurgestel nie en het die skare gou op hulle voete gehad. Sy goue treffers soos Habanna en Minkie het die skare aan die jol gehad – veral toe die "krismiswurm" konsertina en mondfluitjie hulle verskyning op die verhoog maak met hulle heerlik-lekker eg Suid-Afrikaanse klanke wat oor die woestyn duine eggo. 'n Paar brawe siele het selfs 'n sokkie draai of twee op die gras probeer gooi! De La Rey, Jy Paar Nogsteeds My Taal en Ons vir Jou Suid-Afrika het die tempo laat daal en aan die hartsnare getokkel terwyl die skare met hulle oë geslote, amper biddend, die woode saam geprewel het.

"Dit is ongelooflik om te dink dat on hiér is, in die middel van die woestyn in 'n vreemde land," se Haaike Barnard, 'n engelse onderwyser tans woonagtig in Al Ain. ”Dit voel soos 'n lekker boeredag erens in Germiston, Belfast of in die Swartland."

Van Blerk self was baie opgewonde oor sy ervarings in die Midde Ooste en is rondgeneem om die skoonheid van die woestyn landskap en die moderne lewe van Dubai met sy imposante geboue en konstruksies in te neem. "Ons het 'n wonderlike tyd gehad en dit was heerlik om soveel Suid-Afrikaners hier raak te loop in die vreemde," se van Blerk, alhoewel hy vinnig is om by te voeg dat hy self geen planne het om 'n toekoms en 'n heenkome buite die land se grense te soek nie.
"Ek kan verstaan hoekom baie mense voel hulle het geen ander keuse as om die land te verlaat nie en hulle pogings om 'n veilige toekoms vir hulle kinders te skep. Al het ek al 'n paar keer diewe oor my muur hoor spring, het ek nog nie so naby aan die misdaad situasie gekom dat dit vir my onuithoudbaar geraak het nie," se Van Blerk.

Na 'n heerlike aand van sang en dans is handtekeninge uitgedeel en vreemdes is as vriende uitmekaar. "Ons hoop dit was die eerste van vele Suid-Afrikaanse kunstenaars wat hier in die Midde Ooste kom optree," sê Esli Boshoff, ook 'n onderwyseres by 'n plaaslike skool en 'n self-erkende Bok van Blerk aanhanger wat die inisiatief geneem het om hom uit te nooi om 'n vertoning in Al Ain te lewer.

Sê Esli: "Suid-Afrikaners wat oorsee woonagtig is verlang baie terug huis toe na hulle kultuur en hulle taal. 'n Aand soos hierdie bewys dat Suid-Afrika meer is as net 'n land op 'n kaart of 'n geografiese gebied. Suid-Afrika is in ons harte en in ons bloed al is ons duisende kilometers ver verwyderd en ons bly trots Suid-Afrikaans."

Broadway Coming To Al Ain





MEDIA ANNOUNCEMENT
8 APRIL 2008BROADWAY IS COMING TO AL AIN IN APRIL
Ambassador Satch, a world premier musical portrait of jazz legend Louis Armstrong, will be coming to the Garden City of Al Ain from the 14th – 19th of April 2008 as guests of the Abu Dhabi Tourism Authority (ADTA) and the UAE University (UAEU).

The show has been playing to sell-out crowds for the past 8 years. Featuring co-writer André De Shields as Louis, a first class five piece jazz band directed by Terry Waldo and a powerhouse female vocalist, Harriett D. Foy, who plays Louis’ several wives, Ambassador Satch has received critical acclaim and rave reviews from everybody who has seen it. Our very own Dr. James P. Mirrone, a lecturer in the English Literature Program in the UAE University's College of Humanities and Social Sciences, was the co-writer of the play and Mercedes Ellington, the choreographer.

"This visit marks the second time that an American theatre production, starring veteran Broadway musicians, Tony-nominated and Emmy award winning actors, will be showcased in the UAE", Mirrione explains. "However, this time around the students of the UAE University will be given the once in a lifetime experience to attend lecture demonstrations hosted by the stars themselves". The public of Al Ain will have their chance to experience the joys of jazz on Thursday, 17 April 2008 in the Sheikh Khalifa
Auditorium, FMHS, Tawam.
“From the moment the play opens--with De Shields hoisting an umbrella, grinning
gloriously like Louis and leading marching musicians down the aisle as if it
were Bourbon Street, the audience was caught up in a sense of Mardi Gras
excitement.”
All About Jazz
ABOUT THE SHOW
Telling Armstrong’s story in the songs he sang from the searingly bitter Black and Blue to pop pieces such as "What A Wonderful World", the play carries you from Louis back-of-town birth in New Orleans in 1901, through his pop success with such latter day stars as Barbara Streisand. It touches on his trip to Africa - earning him the nick name of Ambassador (of good will) Satch to go with his other monickers such as Satchel mouth. It also covers his blasting school segregation as well as his famous put-down of bop musicians with his parody of The Whiffenpoof Song—”to the tables down at Birdland to the place where Dizzy plays.”
TICKETS

Tickets cost AED100 each and are available from The House of Arts (03) 762-6651. A portion of the proceeds will go towards the House of Arts' program for children with special needs.

"This homage, written by James Mirrione and Mr. De
Shields, comes from awe, humanized by affection. There is no exploitation here.
The performer commands the stage in his own right, and he has every right to own
it.
Terry Waldo, ragtime pianist nonpareil and eminent scholar of the form,
is musical director and arranger, at the piano. He acts too. … Mr. Waldo is
worth the price of a ticket. Count four more musicians. And Mr. De Shields. Buy
six. Satchmo would approve. He would surely say it is not about him. It's about
playing music, the definition of life"

New York Times

Written By: Monique Holtzhausen

Produkte/Products

Produkte vir Wawiel Slaghuis

Oor die afgelope tyd he tons verskeie versoeke ingekry van kliente wat opsoek is na spesifieke produkte. Ons wil graag van julle, ons kliente, hoor waarna julle opsoek is, en wat is daardie ietsie wat jy graag sal wil he, veral so oor naweke of as julle rustig onstpan. Van die versoeke wat ons gekry het sluit Koo Tamatiesous, Cross and Blackwell Mayonnaise, en Pro Nutro in.

As julle enige iets wil byvoeg, laat on sweet, en ons sal kyk wat ons kan doen.

Huidiglik werk ons aan verskei opsies om die goeder ingevoer te kry.



Products for the Butchery

Recently we have received several requests for specific South African products. We would like to hear from you, our clients, what is that special something you are looking for? Some of the requests we have received includes Koo Tomato sauce, Cross and Blackwell Mayonnaise, and Pro Nutro.

If you want to add anything, please let us know.

Currently we are working on several avenues to procure these items.

Thursday, April 3, 2008

Bloggers Wanted

Ons soek `n paar mense uit die gemeenskap om as “Authors” op te tree op ons Blog. Mense wat bereid is om gereeld nuus, aktuele sake of sommer net inligting oor die UAE en Suid Afrika wil sit op ons Blog moet my asb. kontak sodat ons die nodige reelings kan tref.
ferdie@sabutchery.com of ferdienel@gmail.com

We are looking for people from the community to act as authors on our Blog. People who are prepared to post information, news or other items related to living in the UAE or South Africa must please contact me so we can make the necessary arrangements.
ferdie@sabutchery.com or ferdienel@gmail.com

Hoe om te registreer/How to register

As jy wil he dat die komentaar wat jy lewer op van die "posts" jou naam en persoonlike profiel moet weerspieel, dan moet jy registreer. Dit is `n maklike proses en al wat jy moet doen is om `n Google Account te he. Jou Gmail account sal werk, jy kan dan jou profiel stel dat mense dit kan sien of nie, so as jy dan komentaar lewer sal jou naam verskyn soos wat dit op jou Google Profiel, account, is.

If you want your comment to reflect your name and personal profile, you must register. It is an easy process and all you have to do is to have a Google account. Your Google account will work, you can change the settings so that people can view your profile or “lock” it so that your profile stay private. If you then comment your name will appear on the comment you have posted.

Wednesday, April 2, 2008

Hoe om kommentaar te lewer/How to post a comment

Op die blog kan jy kommentaar lewer op enige van die "posts" sonder om in te teken. Kliek net op "comments" en dan sal die weblad oopmaak waarop jy kan kommentaar lewer.

As jy nie geregistreer is nie dan sal jou "post" as "anonymous" verskyn, as jy graag jou naam en address daarby wil he, sit dit in die teks waneer jy jou komentaar skryf.

On this blog you can comment on any of the posts without registering. Just click on "comments" and the webpage where you can write your comments will open.

If you have not registered then your posts will show as "anonymous", if you want to have your name and address displayed, just write it with the text when you are typing your comment.

New at Wawiel

Hi Everyone

Wawiel Slaghuis has created this blog for the expat community in the UAE, feel free to post new threads and make yourself at home.